Solidariteit nooi die regering na ArcelorMittal-afleggingsvergadering

August 7, 2019

VAALDRIEHOEK - Die vakbond Solidariteit sê hy het die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, genooi na die volgende vergadering by die staalvervaardiger ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) waar die maatskappy se afleggingsplan bespreek gaan word.Die vergadering word vir 15 Augustus beplan. ArcelorMittal het aangekondig die plan is om soveel as 2 000 poste landwyd te verminder. Dit is weens verliese wat hy ly weens stygende Eskom-tariewe, mededinging van goedkoop ingevoerde staal, en die hoë vragvervoertariewe wat Transnet op hom afdwing. Bedryfsbestuurder vir die metaal- en ingenieursbedryf by Solidariteit, Willie Venter, sê volgens Netwerk24 hulle wil hê Patel moet eerstehands inligting kry oor die redes wat Amsa aanvoer vir die beplande afleggings. Venter het gesê Patel moet met voorstelle kom hoe om Amsa en ander in die staalbedryf te help. Volgens Solidariteit is die departement gister na die komende vergadering uitgenooi. Die departement het nog nie op navrae hieroor gereageer nie.
FOTO: (Solidariteit)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags