Vaaldriehoek leerling per helikopter vervoer na besering by skool

August 7, 2019

VAALDRIEHOEK - Vaalweekblad berig ‘n 11-jarige leerling van Laerskool D.F. Malherbe is gisteroggend, 6 Augustus deur die Netcare 911 noodhelikopter na die Unie hospitaal in Alberton gevlieg nadat sy haar arm ernstig seergemaak het by die skool. ER24 was vinnig op die toneel en het die meisie behandel. Sy het haar skouer ontwrig en van die senuwees het seergekry. Sy het ook gevoel begin verloor in die arm, been en voet en het multi spesialis behandeling benodig. ER24 paramediese personeel het besluit om haar te verwys en aangesien ʼn Neurochirurg nie plaaslik beskikbaar was nie, is sy deur Netcare 911 na die Unie hospitaal in Alberton gevlieg.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags