Afname in plaasaanvalle in die Vrystaat

August 9, 2019

VAALDRIEHOEK - Daar is die jaar ’n afname in plaasaanvalle in Vrystaat aangeteken. In die 2018-’19-boekjaar het 48 plaasaanvalle, waarvan sewe plaasmoorde was, in die Vrystaat plaasgevind. Die Vrystaat het egter vanjaar net van Januarie tot Junie reeds 14 plaasaanvalle gehad. Veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou, Dr. Jane Buys, wat die syfers saamgestel het, sê as die syfers egter vergelyk word met die 2016-’17-boekjaar en die 2017-’18-boekjaar was daar ’n afname in plaasaanvalle in die provinsie. Volgens Buys is die afname grootliks danksy vooraf-inligting en die vroeë waarneming van verdagte voertuie of mense. Dié inligting word gewoonlik deur werkers en boere deurgegee.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags