Soektog duur voort na tweede plaasaanvaller na ongeluk

August 9, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Vrystaatse polisie is steeds opsoek na ʼn tweede verdagte in die onlangse plaasaanval op Ronnie Brand buite Oranjeville. Daar is vroeër berig dat een van die verdagtes egter kort na die voorval met die gesteelde bakkie buite Sasolburg verongeluk het. Woordvoerder van die polisie, Konstabel Josephine Rani, het gesê daar word in die stadium beweer dat beide verdagtes in die bakkie was ten tyde van die ongeluk, maar dat die tweede verdagte van die ongelukstoneel gevlug het. Rani kan op hierdie stadium nog nie bevestig of die verdagte enige beserings opgedoen het tydens die ongeluk nie, maar sy se wel dat die polisie besig is met ʼn ondersoek na alle besonderhede oor die verdagte.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags