Vrou heelnag in yskoue motorwrak vasgekeer

August 9, 2019

DENEYSVILLE - ’n Vrou van Deneysville in die Vrystaat was Sondagaand die hele nag in die koue in haar motorwrak vasgekeer nadat sy vroeër die aand in ’n ongeluk buite die dorp was. Sy is eers Maandagoggend omstreeks 07:15 gered toe ʼn verbyganger op haar afkom. Volgens haar was sy omstreeks 20:00 op pad na Oranjeville, sowat 25 km van haar, om by ’n vriend te gaan kuier toe sy beheer oor haar motor verloor. Sy vertel daar was nie ’n selfoonsein nie en ek kon niemand bel nie. Verbygaande motors kon nie die motorwrak sien nie en het verby die ongelukstoneel gery sonder dat hulle dit besef het. Die verbyganger het dadelik die ambulans gebel en sy is eers na ’n hospitaal in Sasolburg geneem voordat sy later na ’n hospitaal in Kroonstad oorgeplaas is.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags