Drie op Vrouedag beseer toe afleweringsvoertuig omslaan op die R82

August 12, 2019

VEREENIGING - Paramedici sê drie mense is op Vrouedag beseer na ‘n voertuig gerol het op die R82 in De Deur, Vereeniging. Netcare911 sê in ‘n verklaring hulle het omstreeks 16:30 Vrydagmiddag op die toneel gekom na die bestuurder van ‘n ligte afleweringsvoertuig glo beheer verloor oor die voertuig verloor het. Dit het veroorsaak dat die voertuig, met agt insittendes, gerol het. Netcare911 sê drie van die mans het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel, waarna hulle per ambulans na die hospitaal vir verdere behandeling geneem is. Die presiese oorsaak van die ongeluk moet egter nog vasgestel word.

FOTO: (Netcare911)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags