Drie mans saam in Vereeniging tronk aangehou na hulle mekaar aankla

August 14, 2019

VEREENIGING - Drie mans wat mekaar oor en weer van aanranding en diefstal beskuldig het, is volgens berigte weer op vrye voet na hulle verlede week almal saam in Vereeniging se polisieselle gesit het. Rapport berig die 37-jarige Juan Jacobs het Dinsdag glo by sy werkgewer, Johan van Loggerenberg, se huis aangekom toe hy ‘n vreemdeling in die huis deur die kombuisvenster sien. Jacobs het hom agternagesit en die man, slegs as E.M. Moorosi geïdentifiseer, een hou toegedien. Moorosi het egter gevlug en sy laprugsak laat val waarin van Loggerenberg se vrou se skootrekenaar, ’n pak CV’s, die man se tydelike bestuurslisensie en ongeveer R60 was. Rapport berig hulle het die polisie gebel, maar die polisie het glo eers ure na die voorval opgedaag. Jacobs sê die polisie wou nie ‘n saak van diefstal oopmaak nie omdat hulle meen die klaers het hulle besittings teruggekry. Moorosi het egter die volgende dag saam met die polisie daar opgedaag en gesê hy is aangerand na die twee mans hom vir ‘n onderhoud genooi het. Jacobs, Van Loggerenberg en Moorosi is in die Vereeniging polisieselle gestop nadat hulle aangedring het daarop dat Moorosi wel vir diefstal aangekla word. Al drie mans was die volgende dag weer op vrye voet en die saak is na die vervolgingsgesag verwys vir ’n beslissing. Woordvoerder van die polisie, Ao. Simon Mofokatsane, het albei die klagte teen Moorosi en teen Jacobs en Van Loggerenberg bevestig.
FOTO: (Deon Raath - Rapport)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags