Eskom waarsku verbruikers teen nuwe skelmstreek

August 14, 2019

VAALDRIEHOEK - Eskom het ’n waarskuwing uitgereik dat verbruikers op hul hoede moet wees vir swendelaars wat hulle met kragmeters wil bedrieg. Die waarskuwing kom nadat die kragvoorsiener verskeie klagtes ontvang het van mense wat deurgeloop het toe bedrieërs hulle voorgedoen het as Eskom-kontrakteurs wat kragmeters toets, vervang of kalibreer. Eskom-woordvoerder, Stefanie Jansen van Rensburg, sê die swendelaars bel verbruikers om ’n “besoek” te bevestig waartydens meters getoets en foutiewe meters vervang sou word en vra dan die verbruiker om ’n bedrag vooraf en direk in hul bankrekening te betaal. Daarna hoor die kliënt nooit weer van hulle nie. Sy maan mense om geen kontant aan Eskom se werknemers of kontrakteurs wat hul perseel besoek, te oorhandig nie en herinner kliënte daaraan dat alle betalings aan Eskom deur die normale rekeningstelsel moet geskied.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags