Energie departement se data toon ‘n styging in brandstofpryse vir September

August 15, 2019

VAALDRIEHOEK - Dit is nog te vroeg om met sekerheid te sê, maar jongste data toon dat motoriste wel volgende maand meer by die petrolpomp gaan moet betaal. Met effens meer as twee weke oor voordat brandstofpryse vasgestel word, lyk dit asof petrol en diesel duurder gaan word. Die daaglikse onder- en oorverhalings wat die departement van energie uitreik, wys daar was teen gisteroggend ’n onderverhaling van 10c per liter op 95-oktaan petrol. Daar is ook ’n onderverhaling van tussen 12c en 13c per liter op die groothandelprys van diesel. Die onderverhaling is met hoeveel pryse sou moes styg indien dit vandag vasgestel word. Die rede vir die onderverhaling is die skerp verswakking in die rand die afgelope twee weke. As internasionale oliepryse onveranderd gebly het, sou die swakker rand op sy eie ’n onderverhaling van tussen 43c en 47c per liter in brandstofpryse meegebring het. Laer internasionale oliepryse help egter om die kishou bietjie te versag. Brent-ruolie het meer as 5% goedkoper geword die afgelope twee weke. Die onder- en oorverhalings word daagliks bygewerk tot 29 Augustus vir die pryse wat op Woensdag 4 September van krag word.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags