Suid-Afrika ondervind tekort aan orgaanskenkings

August 15, 2019

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika het tans 'n ernstige tekort aan orgaanskenkings. Augustus is die Nasionale Orgaanskenker bewustheidsmaand en die Stigting vir Orgaanskenkers doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om as skenkers te registreer. Woordvoerder van die stigting, Emlynn Royine, sê 'n gebrek aan opleiding en bewustheid is die hoofredes waarom mense nie orgaanskenkers word nie. Volgens Royine is ongeveer 4 300 mense op die waglys vir organe, maar slegs 600 van hierdie mense kry elke jaar 'n oorplanting. Royine sê as iemand 'n orgaanskenker word, kan hy tot sewe lewens red. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags