Boetes wag vir e-tol onduikers

August 27, 2019

VAALDRIEHOEK - Gautengse motoriste kan moontlik met R250 beboet word elke keer wanneer hulle onderdeur oorhoofse e-tol-hekke ry, indien hul e-tol-rekeninge nie betaal is nie. Die DA het die inligting bekend gemaak in ʼn verklaring en sê die boete is volgens die regulasies van die Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) wat vroeër vandeesmaand deur president Cyril Ramaphosa bekragtig is. Bestuurder van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) se vervoerportefeulje, Rudie Heyneke, het gister bevestig dat dit wel moontlik is dat motoriste die boetes kan kry.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags