Reisigers gemaan om nou reeds planne vir Desembervakansie te maak

August 27, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Automobiel-Assosiasie (AA) se reisafdeling, AA Travel, het Vaaldriehoek en ander reisigers gemaan om nou reeds vakansieplanne vir Desember te maak om geld te spaar. AA Travel sê goeie beplanning kan heelwat geld bespaar op vlugte en verblyf, en sal verseker dat dinge soos tydelike paspoorte nie nodig is nie. Plaaslike reisigers kan nou reeds hul motors, woonwaens en sleepwaentjies laat hersien, aangesien motorhandelaars teen die einde van die jaar gou vol raak. Nou is ook ’n goeie tyd vir reisigers om hul verblyf te bespreek as dit nog nie gedoen is nie. AA Travel waarsku dit is veral belangrik indien iemand in ’n rolstoel is of iemand wat ’n spesiale dieet moet volg saamreis. Die reisafdeling herhinner dat reisigers wat chroniese of akute medisyne benodig hul voorskrif ook betyds moet optel, veral indien hulle na ‘n gebied met beperkte mediese dienste reis.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags