Egpaar aangeval op plaas buite Sasolburg

August 28, 2019

 

SASOLBURG - ’n Sakeman en boer, Allen Peeters, en sy vrou, Louise, is Vrydagmiddag op ’n plaas buite Sasolburg aangeval. Netwerk24 berig dat volgens Herman van Wyk van die Koepel-gemeenskapspolisiëringsforum was al ses die aanvallers gewapen. Hulle het Peeters buite sy huis oorval. Die mans het polisieglimbaadjies aangehad en een van die voertuie waarmee hulle gery het, het volgens plaaswerkers ’n polisienommerplaat gehad. Die mans het beide die huisbewoners aangerand en het ’n kleinerige bedrag geld, juweliersware en vyf vuurwapens gesteel. Die rowers het in ’n Toyota-bakkie met die polisienommerplaat daarop en ’n silwergrys Toyota Fortuner met ’n Gauteng-nommerplaat weggery. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags