Gautengse landboudepartement gaan 1000 varke slag weens varkpes

August 28, 2019

VAALDRIEHOEK - Gauteng se departement van landbou gaan Vrydag 1,000 varke slag ten einde varkpes in die provinsie te bekamp. Dit kom na die LUR vir ekonomiese, landbou- en landelike ontwikkeling in Gauteng, Dr. Kgosientso Ramokgopa, verlede week in ’n verklaring gesê het dat die jongste uitbreking in ’n informele nedersetting aan die Wes-Rand, Swanieville, uitgebreek het. Vyf varkplase word daardeur geraak, terwyl daar nagenoeg 1 000 varke in dié omgewing is. In April vanjaar is die Afrika-varkgriepvirus in varke wat by ’n veiling in Mpumalanga gekoop is, aangetref. Sowat 257 varke is van kant gemaak en 19 varkboere is hierdeur geraak. Dit was die eerste uitbreking in Gauteng. Die volgende uitbreking was in Mei in Vanderbijlpark en het begin by ’n boer wat sy varke in die Vrystaat gekoop het – 96 varke van 14 boere is van kant gemaak. Ramokgopa sê die varke moet geslag word omdat dit die enigste maatreël is wat gevolg kan word om die uitbreking van die siekte te beheer.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags