Waterlekke in Vaaldam-voorsieningsarea stuur op ramp af - VF Plus

August 28, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus in Emfuleni is bekommerd dat waterlekke in die Vaaldam-voorsieningsarea op ʼn ramp afstuur. VF Plus-raadslid in die Emfuleni plaaslike munisipaliteit, Christo Smith, sê waterlekke en gebarste pype wat water vanuit die Vaaldam na die grootste gedeelte van Gauteng voorsien, sal vinniger herstel moet word om te verhinder dat die dam leegloop. Die huidige watervlak van die Vaaldam is 62% wat 0,8% laer is as verlede week. Die watervlakke was verlede jaar dieselfde tyd 95,1%. Smith sê indien die huidige tendens voortduur, is Gauteng net vir die volgende drie jaar van water gewaarborg. Die VF Plus is bekommerd daaroor dat herstelwerk nie vinnig genoeg gedoen word nie en die dam se watervlak aansienlik meer kan daal. 
FOTO: (90.6fm Stereo Nuus)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags