DA gekant teen verhoging van TV-lisensiegeld

August 29, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Demokratiese Alliansie (DA) sê hulle is gekant teen die voorstel van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SABC) om TV-lisensiegeld te verhoog. Die Finansiële hoof van die SAUK, Yolande van Biljon, het die komitee vir Openbare Ondernemings en Kommunikasie ingelig dat daar ‘n voorstel gemaak is dat die TV-lisensiegeld verhoog moet word, en dat die voorstel aan die Minister van Kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, gestuur word. DA-woordvoerder, Phumzile Van Damme, sê die DA is gekant teen enige addisionele belastingverhogings wat die oorbelaste Suid-Afrikaners moet betaal. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags