Die AA voorspel brandstofprys-stygings volgende week

August 29, 2019

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek motoriste sal volgens die jongste data weer 'n styging in petrolpryse volgende maand moet trotseer. Die AA verwag dat brandstofpryse volgende week gaan styg. Die reisvereniging grond dit op die ongeouditeerde prysgegewens teen maandeinde wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is. Die vereniging voorspel ʼn styging van 10c per liter in die prys van 95-oktaan petrol, 25c vir diesel en 21c vir lampolie. Die prys van 93-oktaan petrol behoort met drie sent te daal. Petrol in Gauteng kos tans R15,92 per liter vir 95-oktaan, dus sal September se verhoging die prys weer oor R16 per liter druk. Die AA skryf die stygings toe aan die verswakkende rand. Die effense daling in oliepryse oor die oorsigtydperk het waarskynlik gehelp dat die brandstofpryse nie nog skerper styg nie. Motoriste sal egter eers teen môre weet presies met hoeveel brandstofpryse op die eerste Woensdag van September gaan verander op grond van die finale gemiddelde syfers.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags