Brandstofpryse styg vanaand

September 3, 2019

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse motoriste moet hulself staal vir nog n brandstofprys styging. Die departement Energie het aangekondig dat die dieselprys vandag om middernag met 26 sent per liter styg. Petrol sal van oormôre af elf sent per liter duurder wees terwyl lampolie 24 sent per liter meer sal kos. Vloeibare gas se prys daal met sestien sent per kilogram. Die departement skryf die verhogings toe aan onder meer die swakker Rand.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags