Facebook gaan nie meer gesigsherkenning gebruik nie

September 4, 2019

VAALDRIEHOEK - Facebook gaan nou die meer outomaties gebruikers se gesigte herken en voorstelle in verband daarmee maak nie. Die sosiale mediareus het vandeesweek aangekondig dat gebruikers gesigsherkenning gaan kan aanskakel of in geheel afskakel, en voortaan as jy ’n foto plaas, gaan jy nie meer outomaties tag-voorstelle, wat gesigsherkennings-tegnologie gebruik, kry nie. Tag-voorstelle het volgens Netwerk24 behels dat Facebook outomaties mense op jou foto’s identifiseer, of dat jy in jou vriende se foto’s geïdentifiseer word. Dit het dus beteken dat die gebruiker geen beheer gehad het oor hoe gesigsherkenning op ander maniere deur Facebook toegepas word nie. Die besluit om hierdie veranderinge te maak het te doen met kommer oor hoe regerings gesigsherkenningstegnologie kan inspan om mense dop te hou.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags