Koue en sneeu is oppad na groot dele van Suid-Afrika

September 4, 2019

VAALDRIEHOEK - Mense in groot dele van die land moet hulself voorberei op sneeu en koue weerstoestande wat vir later vandeesweek voorspel word. 'n Weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Wayne Venter sê sneeu word van môre middag tot Vrydag oor die Drakensberge in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, asook in Lesotho, voorspel. Hy sê 'n afsny-laagdrukstelsel wat oor die land beweeg sal reënweer in die OosKaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga bring. Die koue weer sal teen môre die Wes-Kaap, Oos-Kaap en suide van KwaZulu-Natal bereik. Hierdié koue weer sal teen die einde van die week in Gauteng en die Vrystaat aankom en sal die naweek voortduur.
FOTO: (VERSKAF)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags