Drie mense in hegtenis geneem in verband met Amy’Leigh de Jager se ontvoering

September 5, 2019

VAALDRIEHOEK - Die polisie het bevestig dat drie verdagtes in verband met Amy’Leigh de Jager se ontvoering gearresteer is. Nasionale Polisiewoordvoerder, Brigadier Vishnu Naidoo, sê in ‘n verklaring ‘n man van ongeveer 50 en twee vroue van onderskeidelik 27 en 40 jaar oud, is vanoggend by hul huise in Vanderbijlpark in hegtenis geneem. TimesLive berig dat volgens ‘n bron is een van die verdagtes na bewering ‘n onderwyseres by Laerskool Kollegepark. Die polisie het die ontvoerders deur middel van 'n intelligensiegedrewe-operasie sedert Maandagoggend dopgehou en so inhegtenis geneem. Luidens die verklaring is die verdagtes in polisie-aanhouding en sal hulle óf vandag óf more in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn. 
FOTO: (TimesLive)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags