Amy’Leigh se oupa omhels onderwyseres se pa buite Vanderbijlpark hof

September 10, 2019

VANDERBIJLPARK - Die huilende pa van die een beskuldigde in die Amy’Leigh de Jager ontvoeringsaak is gister buite die Vanderbijlpark hof deur die 6-jarige se oupa omhels. Die bewoë 66-jarige Riaan Botha is deur Christo de Jager sterkte toegewens met die saak waarby sy 27-jarige dogter Tharina Human betrek word. Human, Laetitia Nel, in haar 40's, en Pieter van Zyl, in sy 50's, het gister in die landdroshof in Vanderbijlpark elk op ’n voorlopige klag van ontvoering verskyn in verband met die ontvoering van die Graad R leerling van Laerskool Kollegepark. Botha het ná die hofverskyning in trane aan Netwerk24 gesê hy is net dankbaar sy dogter leef. Hy het ook die polisie se spesiale taakmag geloof vir hul goeie werk en die Here die eer gegee dat die dogtertjie gevind is. Botha het die gemeenskap van Vanderbijlpark en almal by die Laerskool Kollegepark “wat op een of ander manier betrokke is, of geraak is”, om verskoning gevra.
FOTOS: (Netwerk24 - Felix Dlangamandla/ Isabel Venter; Timeslive; ANA)

 

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags