Amy’Leigh en haar ma gaan loer in by haar skool

September 11, 2019

VANDERBIJLPARK - Amy’Leigh de Jager was vandag vir die eerste keer weer by die skool waar sy verlede week ontvoer is. Netwerk24 berig haar tannie, Louise Horn, sê Amy’Leigh was vinnig saam met haar ma, Angeline, by die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark om skoolwerk te gaan haal en vir maatjies hallo te sê. Volgens Horn het Amy’Leigh die skoolbesoek goed hanteer, maar sy sal eers volgende kwartaal teruggaan skool toe, omdat sy nog nie gereed is nie. Horn sê die sesjarige “doen elke dag ’n bietjie beter”, maar “sy skrik maklik en wil nie alleen wees nie”.
FOTO: (Facebook)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags