Balju lê beslag op Emfuleni munisipaliteit se rekenaars

September 11, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus het in ʼn verklaring gesê dat verskeie werksaamhede van die Emfuleni plaaslike munisipaliteit Maandag tot stilstand gekom het toe die balju beslag gelê het op rekenaars van die munisipaliteit. VF Plus-raadslid in die Emfuleni munisipaliteit, Gerda Senekal, sê die diensverskaffer-maatskappy wat dié dienste aan die munisipaliteit lewer, is maar een van vele diensverskaffers wie se kontrakte nie nagekom is nie. Volgens Senekal is een van die belangrikste afdelings in die munisipaliteit, die krediteure-afdeling, lamgelê nadat sy rekenaars met belangrike data verwyder is. Senekal sê dit is nie die eerste keer dat Emfuleni versuim om sy diensverskaffers te betaal nie.

FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags