Ekonoom sê salarisse verbeter, maar niemand gooi geld rond nie

September 12, 2019

VAALDRIEHOEK - Verbruikers spandeer nie veel meer van hulle inkomste nie, ten spyte daarvan dat Suid-Afrikaners se besteebare inkomste in Julie met meer as die inflasiekoers gestyg het. Die syfers van BankservAfrica se indeks van besteebare salarisse weerspieël die geld wat ná belasting, pensioen- en mediesefondsbydraes en ander aftrekkings in mense se bankrekening beland. Besteebare salarisse was gemiddeld 0,9% méér as inflasie, dus die reële styging. Nominaal, dus die bedrag wat gemiddeld in mense se bankrekening geland het, was 5,3% meer as ’n jaar gelede. Die gemiddelde besteebare salaris beloop nou R15 584. Netwerk24 berig ekonoom van Economists.co.za, Mike Schüssler, wat die indeks saamstel, reken as inflasie so laag bly soos tans – dit was in Julie net 4% – sal verbruikersbesteding oor die volgende paar maande stewiger begin styg. Hy sê dit sal die ekonomie ’n broodnodige hupstoot gee.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags