Misdaadstatistieke wys toename in verkragting

September 12, 2019

VAALDRIEHOEK - Die ministerie van polisie het vanoggend die portefeuljekomitee oor polisie ingelig oor die jaarlikse misdaadstatistieke. Die nasionale hoof van die eenheid vir polisie-misdaadnavorsing en -statistiek, majoor-generaal Norman Sekhukhune, sê oor die tydperk van drie jaar het seksuele misdrywe met 4,6% gestyg. Daar is in die huidige oorsigjaar 25 420 sake van seksuele misdrywe aangemeld. Die statistieke het aan die lig gebring dat moord en seksuele misdrywe teen kinders toegeneem het, terwyl moord en seksuele misdrywe teen vroue afgeneem het.
FOTO: (SA Government News)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags