Vier beseer in R59 ongeluk naby Vaalpark

September 13, 2019

SASOLBURG - Paramedici sê vier mense is gistermiddag beseer na ‘n ongeluk op die kruising van die R59 en die R57 tussen Vaalpark en Sasolburg. ER24 sê sy paramedici het saam met nog ‘n nooddiens op die toneel gekom waar twee ligte motorvoertuie in mekaar vasgery het. Die nooddiens sê met verdere ondersoek het hulle gevind dat vier mense beserings opgedoen het wat wissel van matig tot ernstig. Een van die ernstig beseerde pasiënte is met ‘n private mediese helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. ER24 sê die pasiënte is vir hulle beserings behandel en daarna na nabygeleë hospitale vir verdere sorg geneem. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (Netcare911 se helikopter wat die pasiënt kom haal het)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags