Suid-Afrikaners betaal meer sonder beter mediese voordele

September 30, 2019

VAALDRIEHOEK - ʼn Ondersoek deur die Mededingingskommissie wat vyf jaar geduur het, het bevind dat Suid-Afrikaners nou meer as ooit tevore vir privaat gesondheidsorg betaal sonder om beter of meer voordele te ontvang. Die uitslag van die kommissie se ondersoek na die gesondheidsbedryf is vandag in Johannesburg bekend gestel. Een van die aanbevelings is dat die bedryf gereguleer moet word deur ’n nuwe waghond wat onder meer gaan bepaal waar en wanneer lisensies vir hospitale toegestaan gaan word. Daar is bevind dat die gebrek aan mededinging in dié bedryf toenemend lei tot onbekostigbare gesondheidsorg-uitgawes. Volgens die finale verslag oorheers die drie hospitaalgroepe Netcare, Mediclinic en Life die bedryf. Die verslag toon die drie hospitaalgroepe kry, individueel en gesamentlik wesenlike winste elke jaar wat dit moeilik maak vir ander om mee te ding in die mark. Die bedryf moedig dokters en privaat gesondheidsinstellings ook aan om oorbodige behandeling vir pasiënte aan te bied.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags