Twaalf beseer na ongeluk op Barrageweg gistermiddag

October 24, 2019

VEREENIGING - Paramedici sê 12 mense is gistermiddag beseer na ‘n bakkie en ‘n minibus taxi op die R42 Barrageweg, Vereeniging, in mekaar vasgery het. ER24 sê hulle paramedici en Emfuleni Brand en Reddingsdienste het omstreek 13:20 op die toneel gekom waar hulle die bakkie en die taxi in die pad gevind het. Een man het binne die taxi gelê en verskeie ander het op die toneel rondgeloop. Die nooddiens sê paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind dat die man in die taxi ernstige beserings opgedoen het, terwyl 11 ander gering tot matige beserings opgedoen het. Die pasiënte is vir hulle beserings behandel en die ernstig beseerde man het pyn-medikasie ontvang voor hulle almal na nabygeleë hospitale vir verdere mediese sorg geneem is. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.
FOTO: (ER24)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags