VF Plus sê geen padtekens in Vanderbijlpark stel motoriste in gevaar

October 24, 2019

VANDERBIJLPARK - Die Vryheidsfront Plus sê die afwesigheid van padverkeerstekens is waarskynlik die oorsaak van ʼn botsing waarin verskeie skoolkinders Dinsdag in Vanderbijlpark ernstig beseer is. Die bus wat twintig leerlinge van die Laerskool Frikkie Meyer vervoer het, het op die hoek van Hertz Boulevard met ’n bakkie gebots. Die VF Plus sê die party het onmiddellik verskeie ondernemings om hulp genader wat aangebied het om te help met die aanbring van die nodige padtekens by besige kruisings. Die party dui aan hulle het voorheen by verskeie geleenthede die munisipaliteit versoek om die vereiste padverkeerstekens in Emfuleni aan te bring, maar die versoeke het op dowe ore geval.
FOTO: (VF Plus)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags