Stadsraad stuur aangepaste verslag oor onreëlmatige kontrakte in Emfuleni terug

October 25, 2019

VAALDRIEHOEK - Die VryheidsFront-Plus sê opposisie-raadslede het geweier dat die openbare rekeningekomitee van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit ’n onvolledige korrupsieverslag gedurende die jongste raadsvergadering ter tafel lê. VF-Plus raadslid, Gerda Senekal, sê in ‘n verklaring die verslag onthul onreëlmatige kontrakte ter waarde van R900 miljoen waarby sekere amptenare glo betrek word. Senekal sê raadslede is die vorige aand aangesê om ’n paar uur voor die raadsvergadering op 17 Oktober te vergader waar ANC-raadslede besluit het om die betrokke amptenare se name uit die verslag te verwyder. Sy sê ANC-raadslede het selfs die forensiese ouditeursgroep Compario beïnvloed om die veranderde verslag aan die raad voor te lê. Die VF Plus het sy teenstem uitgebring en daarop aangedring dat die volledige verslag aan die raad voorgelê word.’n Besluit is geneem om die onveranderde verslag binne sewe dae tydens ’n spesiale raadsvergadering te bespreek. Senekal sê die VF Plus sal nie toelaat dat ongerymdhede wat dui op moontlike korrupsie, toegesmeer word nie en dat die ANC nie verslae na willekeur kan aanpas nie. Volgens haar moet die gemeenskap van Emfuleni volledig ingelig word.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags