‘n Ernstige waarskuwing oor dalende damvlakke

October 28, 2019

VAALDRIEHOEK - Wetenskaplike navorsing dui daarop dat Suid-Afrika nie veel reën dié somer kan verwag nie en dat die toestand gaan voortduur tot die middel van Desember. Die ondergemiddelde reënval wat voorspel word, gaan gepaard met uiters warm temperature wat verdamping verhaas. Die Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, sê haar department is besig om ingrypingsplanne te verhaas, veral in die Oos-Kaap en Gauteng. Die Departement se jongste verslag dui daarop dat waar damvlakke dieselfde tydperk verlede jaar op meer as 73% gestaan het, dit verlede week reeds tot 60% gedaal het. Die Vaaldam se vlakke het verlede week gedaal tot onder 50%. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags