SA Poskantoor sê kliënte moet nou al Kerspakkies pos

October 28, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het kliënte wat Kerspakkies na ander lande wil stuur gemaan om dit so gou as moontlik te doen. Die SA Poskantoor het in ‘n verklaring gesê hulle is grootliks op datum met die versending van pakkette na ander lande, maar die pakkette gaan deur tydrowende klaringsprosesse in die land van aankoms. Die poskantoor sê ook in die verklaring dat items wat litiumbatterye bevat, nie met lugpos gestuur mag word nie. Alle lugpositems word met x-strale bekyk om seker te maak wat die inhoud is, en die items word dan met seepos gestuur. Lugpositems moet op die laatste op 1 Desember gepos word, maar see- en landpositems moet niks later as 31 Oktober gepos word nie. Items vir lande wat aan Suid-Afrika grens moet teen 8 Desember gepos word.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags