Die SAUK gaan die Rugby Wêreldbeker-eindstryd regstreeks uitsaai

October 29, 2019

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners wat nie DStv pakkette het nie kan die naweek die Rugby Wêreldbeker-eindstryd op SABC 2 kyk. Die SAUK het gister aangekondig dat hy Saterdagoggend se Wêreldbeker-eindstryd tussen Suid-Afrika en Engeland regstreeks gaan uitsaai. Dit sal op SABC 2 gewys word nadat die openbare uitsaaier ‘n ooreenkoms met SuperSport bereik het. Die DA sê hulle is verheug oor die besluit, aangesien talle Suid-Afrikaanse ondersteuners, wat nie DStv kan bekostig nie, nie in staat was om die Bokke se vordering deur die toernooi te volg nie. Die party het die uitsending beskryf as ʼn samebindende en opwindende geleentheid vir nasiebou. Die DA sê sport en veral rugby het ʼn belangrike rol gespeel om Suid-Afrikaners byeen te bring en hy hoop die hele nasie sal dié naweek die Bokke ondersteun. Die wedstryd begin Saterdag 11:00 Suid-Afrikaanse tyd.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags