Erwat gaan rehabilitering van Vaalrivier by die weermag oorneem

October 30, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Ekurhuleni Water Care Company (Erwat) gaan, na wat berig word, die rehabilitering van die besoedelde Vaalrivier op 1 Desember oorneem. Netwerk24 het dié inligting bekom nadat minister van water en sanitasie en menslike nedersettings, Lindiwe Sisulu, Maandag gesê het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het aan die Vaalrivier onttrek. Bestuurder van die SANW se Vaalrivier-projek, Kol. Andries Mahape, het Dinsdag sy “skok” oor die minister se aankondiging uitgespreek en gesê hy weet niks daarvan dat die soldate gaan onttrek nie. Volgens hom is 430 soldate in die Vaaldriehoek ontplooi om die Vaalrivier reg te ruk, maar kan hulle niks meer doen nie want hulle geld is op. Die SANW het volgens Sisulu nie onttrek oor geld nie, maar omdat die soldate reeds “alles gedoen het wat hulle moes”. Sy sê die departement gaan nou self die herstel van die Vaalrivier behartig. Die nuusagentskap berig woordvoerder van Save The Vaal, Maureen Stewart, sê die soldate het wel heelwat werk gedoen, soos om blokkasies skoon te maak en het veral ook die infrastruktuur beskerm. Hulle het ook werk by die Sebokeng-rioolaanleg gedoen en die verdampingsdam skoongemaak en herstel. Ratau sê die soldate se onttrekking is geleidelik en die infrastruktuur sal steeds beskerm word. Netwerk24 het betroubaar verneem “ ’n hoëvlak-polisiespan” gaan nou die rioolinfrastruktuur beskerm.
FOTOS: (Carte Blanche)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags