Man sterf na sy bakkie ‘n brugpilaar op die R59 in Randvaal tref

October 30, 2019

RANDVAAL - ‘n Man, vermoedelik in sy 50's, het vanoggend gesterf toe sy bakkie in ‘n brugpilaar op die R59 in Randvaal vasgery het. Paramedici het omstreeks 05:20 by die toneel gekom en die bakkie teen die brugpilaar gevind. Midvaal Brandweerdienste was reeds op die toneel om die man uit die voertuig te kry. ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê na verdere ondersoek het paramedici gevind dat die man talle beserings opgedoen het en geen tekens van lewe getoon het nie. Paramedici kon niks vir hom doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.

FOTO: (ER24)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags