VF-Plus verwelkom ondersoek na beweerde aantygings teen Midvaal Munisipaliteit

October 30, 2019

MIDVAAL - Die Vryheidsfront Plus (VF-Plus) verwelkom die ondersoek wat ingedien is na die beweerde onreëlmatighede in die Midvaal plaaslike munisipaliteit om te verseker dat die munisipaliteit ‘n skoon administrasiebeleid handhaaf. Die ondersoek volg nadat Adjunk Munisipale-Bestuurder, Tom Peeters, ‘n lastersaak teen die burgemeester van Midvaal, Bongani Baloyi, geopen het. Burgemeester Baloyi word daarvan beskuldig dat hy mense se geld geneem het in ruil vir poste in die munisipaliteit. Die stadsraad van Midvaal het ʼn besluit goedgekeur om vyfhonderd duisend rand toe te ken om die lastersaak te verdedig. Party-woordvoerder, Corrie Pypers, sê ‘n groep munisipale amptenare het ook na vore gekom om sekere belydenisse oor die bewerings te maak.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags