M2-roete in Johannesburg heropen Maandag

October 31, 2019

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek motoriste wat staatmaak op die M2-roete in Johannesburg, se reisprobleme is bykans verby. Die hoofweg wat in Februarie gesluit is vir dringende herstelwerk, sal Maandag heropen word. Die Johannesburgse Metro sal vandag 'n seremonie hou om opening te vier en ook 'n bedryfsplan aankondig wat oor die naweek in werking sal tree. Dit behels onder andere opruimingswerk. Die sluiting van die M2 het tot groot verkeersopeenhopings gelei op die M1-noord en -suid, veral tydens spitstyd.

FOTO: (Verskaf)

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags