24-jarige sterf na hy van sy fiets afgestamp is in Vanderbijlpark

November 1, 2019

VANDERBIJLPARK - Paramedici sê ‘n 24-jarige man het op Ravel-weg in Vanderbijlpark gesterf na ‘n ligte motorvoertuig hom van sy fiets afgestamp het. ER24 sê in ‘n verklaring sy paramedici het omstreeks 20:15 die aand op die toneel gekom waar die man aan die kant van die pad langs sy fiets gelê het. Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy verskeie beserings opgedoen het en geen tekens van lewe getoon het nie. Die nooddiens sê daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die vroulike bestuurder van die voertuig is nie beseer nie. ER24 sê plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags