Gautengse regering skuld miljoene aan munisipaliteite

November 1, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Gautengse provinsiale regering skuld sy munisipaliteite na bewering meer as R89 miljoen vir dienste aan die regering. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is een van die munisipaliteite. Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, sê die Gautengse departement van gesondheid skuld die Emfuleni munisipaliteit R18 miljoen en die departement van onderwys skuld Emfuleni R11 miljoen. Volgens Maile sukkel Emfuleni reeds om dienste aan inwoners te lewer en om sy rekeninge by Eskom en Rand Water te vereffen. Maile meen die geld wat die regering die munisipaliteit skuld kan help om die finansiële druk waaronder die munisipaliteit verkeer, te verlig.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags