Die Gautengse Onderwysdepartement vra vir geduld met die plasing van leerders

November 4, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Gautengse Departement van Onderwys het ouers versoek om geduldig te wees aangesien hy dag en nag werk om leerders vir volgende jaar by skole te plaas. Plasings van gr. 1 en gr. 8-leerlinge moes teen 31 Oktober afgehandel gewees het, maar die departement is genoop om sy spertyd tot 30 November uit te stel nadat chaos Sondag by van sy streekkantore ontstaan het. Gefrustreerde ouers het gister by die Oostelike Onderwysdistrikskantoor in Sandton saamgedrom om hul griewe te lug oor die vertraging met die plasing van sommige Graad-1 en 8 leerders. By sommige van die streekkantore is toerusting beskadig en personeellede aangerand. Die departement het Saterdag ouers wie se kinders nog nie geplaas is nie per SMS laat weet om Sondag na hul plaaslike streekkantoor te gaan, maar by van die kantore was daar te min personeel om te help. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê hulle doel was om die aansoekproses teen die einde van verlede maand te voltooi, maar dit het nie gebeur nie.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags