Luggehalte indeks toon Vaaldriehoek inwoners se lug is ongesond

November 4, 2019

VAALDRIEHOEK - Die regstreekse luggahalte-indeks toon volgens berigte dat die lug wat Vaaldriehoek inwoners inasem oor die algemeen ongesond is. Die vlakke wissel tussen goed, matig, ongesond vir sensitiewe groepe, ongesond, baie ongesond en gevaarlik. Netwerk24 berig die luggehalte in Vanderbijlpark, Sebokeng en Drie Riviere in Emfuleni is op die vlak 'ongesond'. Die besoedeling hier is egter nie baie ongesond of selfs gevaarlik nie. Die luggehalte in Johannesburg en Ekurhuleni is matig. TJ de Klerk skryf op die Facebook-groep Henley on Klip die lug wat die inwoners van Henley on Klip in Midvaal inasem, is veilig. Suid-Afrika is sewende op die ranglys van die lande met die meeste lugbesoedeling. China is die gevaarlikste land, Spanje is tweede en Indië derde.
FOTO: (Netwerk24)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags