Eskom waarsku dat die kragstelsel onder erge druk verkeer

November 5, 2019

VAALDRIEHOEK - Eskom waarsku dat die kragstelsel onder erge druk verkeer, wat tot minstens Donderdag sal voortduur. Dit word toegeskryf aan die onverwagte verlies aan sommige opwekkingseenhede oor die naweek. Beurtkrag word nie in dié stadium verwag nie, maar kan op kort kennisgewing nodig word. Eskom sê die stelsel bly kwesbaar weens geskiedkundige faktore soos onvoldoende instandhouding en verouderende aanlegte. Verbruikers word gevra om krag te bespaar waar moontlik.

FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags