Drie beseer nadat vragmotor in huis vasry langs R59

November 6, 2019

MEYERTON - Drie mans is gisteroggend beseer toe die vragmotor waarin hulle gereis het deur ‘n heining en in ‘n woning langs die R59 naby die Johan le Roux afrit in Meyerton gebots het. Paramedici, saam met die Midvaal Brandweerdienste, het by die toneel opgedaag en vasgestel dat die vragmotor die kant van die huis getref het. Drie mans is in die vragmotor vasgekeer. Midvaal Brandweerdienste moes gespesialiseerde reddingsapparate gebruik om die mans uit die voertuig te bevry. ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê die paramedici het bevind dat twee van die mans matige beserings opgedoen het, terwyl die derde man ernstige beserings opgedoen het.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags