Pa’s kan eindelik geld eis vir 10 dae af ná baba se geboorte

November 6, 2019

VAALDRIEHOEK - Pa’s en ouers wat nie amptelike kraamverlof kan neem nie, kan na ‘n lang gesukkel nou ook vergoeding vir hul 10 dae ouerskapsverlof van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) eis. President Cyril Ramaphosa het op 23 November 2018 die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge onderteken wat bepaal dat die ouer wat nie vir kraamverlof kwalifiseer nie, 10 opeenvolgende dae ouerskapsverlof kry wanneer ’n kind gebore word. Dis teenoor die drie dae gesinsverantwoordelikheidsverlof wat vantevore beskikbaar was. Netwerk24 berig Ramaphosa het egter eers onlangs ’n proklamasie onderteken ingevolge waarvan dié voordeel in werking gestel word, met 1 November as effektiewe datum. Ouerskapsverlof kan een keer per jaar geneem word. Werknemers wat tot die WVF bydra, kan tot 66% van hul salaris van die fonds eis indien dit binne die salarisdrumpelbedrag van sowat R210 000 per jaar is.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags