Plaaslike regering in Gauteng ondersoek maniere om padsterftes in die provinsie te verminder

November 6, 2019

VAALDRIEHOEK - Die plaaslike regering in Gauteng ondersoek tans maniere om padsterftes in dié provinsie te verminder. Die maatreëls sal binnekort by 'n 2-dag seminaar bespreek word. Rolspelers in die regering en taxibedryf sal dit bywoon. Gevorderde bestuursopleiding vir taxibestuurders is een van die maatreëls wat ondersoek word. Die LUR vir vervoer in Gauteng, Jacob Mambolo sê daar bestaan 'n opvatting dat taxibestuurders verantwoordelik is vir die meeste padongelukke.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags