Honde vergiftiging steek weer kop uit in die Vaal

November 7, 2019

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek inwoners word gewaarsku om op hul hoede te wees nadat die vergiftiging van honde weer in die Vaal en omliggende gebiede begin het om kop uit te steek. Verlede week is vyf honde by drie huise in Deneysville vergiftig. Inwoners word aanbeveel om hul honde eerder binne die huis te laat slaap vir hulle eie en hulle honde se veiligheid. Die gewildste soorte gif wat deur die misdadigers gebruik word, is Two-step en rottegif. Honde-eienaars wat vermoed dat hul honde gif ingekry het word aangemoedig om die dier so gou moontlik na die naaste veearts te neem.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags