Vaaldriehoekers kan moontlik oor die naweek reënweer kry

November 7, 2019

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Gauteng inwoners kan na verwagting reënweer teen die naweek te wagte wees. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê reën word teen die naweek in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal verwag waar damvlakke kommerwekkend laag gedaal het weens buitengewoon hoë temperature te midde van ’n voortslepende droogte. Weervoorspeller, William Msimanga, sê volgens Netwerk24 daar is vandag en môre ’n bitter skraal kans op reën in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng, maar dié prentjie sal teen die naweek darem verander met ’n kans van tussen 30% en 60% op reën in dié gebiede. Daar word oor die naweek veral in die suidelike dele van die droogtegeteisterde Limpopo reën verwag. Msimanga sê die noordelike dele van die land het veral die afgelope tyd ondergemiddelde reënval gekry en dat swaar reën nou nodig is om die droogte se wurggreep te breek.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags