NSFAS sluitingsdatum vir aansoeke kruip nader

November 8, 2019

VAALDRIEHOEK - Daar is minder as 22 dae vir studente om aansoek te doen vir die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) vir die akademiese jaar 2020. Aansoeke vir leerders sluit amptelik om middernag op 30 November. NSFAS Administrateur, dr Randall Carolissen, het gesê sedert die aansoeksiklus geopen is, het die skema ‘n totaal van 280,000 aansoeke landwyd ontvang. 

Die vereistes vir NSFAS-finansiering:

  • Aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers wees.

  • Aansoekers moet van voorneme wees om in 2020 by ’n universiteit of TVET-kollege te studeer.

  • ’n Maksimum huishoudelike inkomste van R350 000 per jaar; vir studente met gestremdhede is die maksimum R600 000.

Die 2020-NSFAS-aansoeke kan aanlyn gedoen word deur die myNSFAS-portaal by www.nasfas.org.za.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags