Cell C en MTN sluit ooreenkoms

November 18, 2019

VAALDRIEHOEK - Cell C het ná maande se onderhandelinge ’n ooreenkoms met MTN beklink waarvolgens hy meer van dié netwerk se infrastruktuur gaan gebruik. Cell C-kliënte sal egter geen verskil in dienste sien nie en bly steeds kliënte van dié netwerk. In ’n verklaring het albei partye bevestig dat ’n ooreenkoms aangegaan is waarvolgens Cell C landwyd van MTN se netwerk, insluitend al sy selfoontorings, gebruik gaan maak. Al die onderhandelinge is deel van Cell C se strategie om sy finansiële posisie te verbeter. Die diensverskaffer gaan gebuk onder ’n massiewe skuldlas van meer as R8 miljard.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags